Welkom
Welkom by Wegbreek Kat Hotel

Meer oor ons
Wegbreek kat hotel is gestig in Oktober 2023 deur eienaar Corné Steenkamp. Weens ‘n groot aanvraag van eienaars om hul 4 poot kat-kinders veilige behuising te bied.
WEGBREEK KAT HOTEL akkommodeer alle kat tipes en persoonlikhede van bederf en energiek tot skaam en stil. Dit sal vir ons ‘n voorreg wees om jou katte kind(ers) te huisves terwyl jy sorgloos op vakansie is. Ons gaste kry net die beste versorging en liefde in ‘n veilige omgewing met vriendelikke mede kat liefhebbers.
Ons Hotel word sorgvuldig bestuur deur Elize wat jou katte-kind nes haar eie sal behandel en bederf. Daaglikse individuele aandag en versorging is ons top prioriteit.
Daaglikse fotos en videos van ons gaste verseker jou verdere gemoedsrus.
Katte gee om. Hulle weet byvoorbeeld instinktief hoe laat ons soggens by die werk moet wees en hulle maak ons twintig minute voor die wekker afgaan wakker.
- Michael Nelson -